+27 (0) 87 150 5925 info@v-tech.co.za

Die hoogs aansteeklike H5N8-voëlgriepvirus is by ʼn lêhenhuis van Sovereign Food Investments gevind. Die maatskappy sê die betrokke plaas is deel van sy breër Uitenhage-bedrywighede. Sowat 5 000 hoenders is van kant gemaak, wat sowat 1% van Uitenhage se produksiepyplyn verteenwoordig. “Sovereign Foods se bestuur doen die gepaste stappe en volg die voorgeskrewe protokols om te keer dat voëlgriep na ander plase versprei.” Die groep se Hartbeespoort-bedrywighede in Gauteng is nie geraak nie.

Deur Carien Kruger
14 September 2017

http://www.landbou.com/nuus/voelgriep-nou-ook-in-oos-kaap/